Dienste

Kontak my gerus as jy belangstel om jou horoskoop te laat lees. Jy kan my in persoon kom sien of ons kan ‘n konsultasie via skype doen. Ek is ook beskikbaar vir konsultasies in die Bellville area van Kaapstad en Gordansbaai oor naweke. Die formaat van ‘n konsultasie behels die aanvanklike telefoniese gesprek waartydens ek jou geboorte details sal aanvra. Die details is jou datum, plek en tyd van geboorte. As jy onseker is oor jou geboortetyd kan ons steeds ‘n geboortekaart sonder dit optrek. Ek sal ook vir jou verduidelik wat die voordele en beperkings van ‘n konsultasie is en daarna kan ons ‘n datum vaslê vir ‘n lesing. Die koste van ‘n konsultasie is R500.