Meer oor

Hallo daar, my naam is Nelius Janse van Rensburg. Ek is gebore en getoë op Caledon in die Wes-Kaap waar ek steeds woon met my sielsgenoot, Yvette, en ons 6 jaar oue seuntjie, Eben.

Caledon, Wes-Kaap, Suid Afrika

Wanneer ek nie horoskope kyk nie sal jy my waarskynlik vind waar ek in die tuin doenig is. Om te sien hoe iets wat jy geplant het groei is net eenvudig ‘n wonderlike gevoel. Van my ander belangstellings sluit in lees, agter die kospotte te staan en so ‘n bietjie bierbrou ook.

My pad met astrologie kom al net so by die 20 jaar aan. Ek het ‘n honneursgraad in Sielkunde aan UNISA verwerf en ek het by die Academy Astro∆Psychology my verder bekwaam in astrologiese studies. Almal se lewensverhaal is uniek en in my geval het my soeke na wysheidsisteme my onder andere na die astrologie gebring. Die feit dat ek ‘n suster met Downsindroom het, het my ook geleer dat die lewe kosbaar en broos kan wees. In die lig hiervan, het ek gevind dat astrologie my gehelp het om insig en perspektief te bekom oor my eie lewensverhaal en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan.

Met behulp van astrologie kan ons groter insig ontwikkel rakende die uitdagings wat ons in die gesig staar binne die konteks van ons unieke ontvoudende lewensverhaal.